Month: September 2014

“Niko die Boer” – die prins in die Anglo-Boereoorlog

Niko Bagration, oud Prins van Georgië
Niko Bagration, oud Prins van Georgië

Een van die minder bekende verhale van die Anglo-Boereoorlog is die van ‘n Prins van Georgië wat aan die kant van die Boere geveg het. Hoewel dit soos ‘n sprokie eerder as die waarheid klink, het Nikolay Georgievich Bagrationi, prins van Tiflis (nou Tbilisi), die Boere saak ondersteun deur daad by woord te voeg en vir homself die bynaam “Niko die Boer” verwerf.

(more…)

Lees meer

Jopie Fourie – jong Rebel

Jopie Fourie, 27 Augustus, 1878 - 20 December 1914
Jopie Fourie, 27 Augustus, 1878 – 20 December 1914

Jopie (Josef Johannes) Fourie is op 28 Augustus 1878 op die plaas Hartebeesspruit gebore naby Pretoria.  In 1893 gaan Jopie Fourie saam met Generaal Joubert se seun en ‘n paar ander Transvalers na Grey College in Bloemfontein waar hy drie jaar lank ywerig studeer het.

(more…)

Lees meer

Die dood van Generaal Koos de la Rey

Genraal Koos de la Rey, 22 Oktober, 1847 - 15 September, 1914
Genraal Koos de la Rey, 22 Oktober, 1847 – 15 September, 1914

Generaal Koos de la Rey (Jacobus Herculaas de la Rey) is gebore op 22 Oktober 1847 naby Winburg in die Vrystaat en was die sesde kind van Adrianus Johanndes de la Rey en Adriana van Rooyen.  Hy het tydens die Anglo-Boereoorlog faam behaal as een van die grootste militêre leiers van die oorlog.

(more…)

Lees meer

Afrikanerrebellie 1914-1915

‘n Kommando rebelle van 1914 nuttig ontbyt te velde. Hulle het die regeringstroepe van genls. Louis Botha en Jan Smuts, minister van verdediging, aangepak. Hulle was egter te min om die rebellie te laat slaag, Wat hulle wel reggekry het, was om aan die nageslag te wys dat ‘n mens nie met jou moet laat mors nie, en dat ‘n regering se wanpraktyke nie net gelate aanvaar mag word nie. (Bron: FAK)
‘n Kommando rebelle van 1914 nuttig ontbyt te velde. Hulle het die regeringstroepe van genls. Louis Botha en Jan Smuts, minister van verdediging, aangepak. Hulle was egter te min om die rebellie te laat slaag, Wat hulle wel reggekry het, was om aan die nageslag te wys dat ‘n mens nie met jou moet laat mors nie, en dat ‘n regering se wanpraktyke nie net gelate aanvaar mag word nie. (Bron: FAK)

Met die honderd jaar herdenking van die 1914 rebellie is dit elkeen van ons se verantwoordelikheid om die veggees van ons voorouers te herdenk.  Die rebellie word gereeld vereenvoudig as die opstanding van ‘n groep ontevrede burgers wat teen hulle regering gedraai het. Maar soos alles in die geskiedenis kan niks net as swart of wit gesien word nie maar enige gebeurtenis in die verlede is eerder ‘n kombinasie van skakerings van grys.  Sommiges sien die grys dalk donkerder as ander, ander weer ligter maar grys bly grys.

(more…)

Lees meer

Foto’s van ou Pretoria

‘n Versameling foto’s van Pretoria in sy jonger dae:

(more…)

Lees meer

Die lewe van Danie Theron

Danie Theron
Danie Theron

Danie Theron is op 9 Mei 1872 in Tulbagh in die Wes-Kaap gebore.  Theron het onderwys gaan studeer en begin werk as regeringsonderwyser in die area van Kroonstad in 1890.  In 1891 trek hy na Soutpansberg om daar te gaan boer maar net twee jaar later besluit hy om as prokureursklerk te studeer.

(more…)

Lees meer

Die huppel in Afrikaans se stap

Afrikaans sit die vonkel in vonkelwyn, dit sit ‘n kinkel in enige kabel, ‘n huppel in enige stap en kan soos geen ander taal kranig kletter op sy eie kraakvars manier. Nou ja, hier is ‘n paar uniek-vertaalde Afrikaanse woorde vir dié wat soms sukkel om die Engelse woorde te omsuil:

(more…)

Lees meer