Month: November 2014

Paul Kruger se laaste boodskap aan sy volk

Op 25 Mei 1904 is die eerste na-oorlogse politieke organisasie, genaamd “Het Volk” in die lewe geroep. Paul Kruger het op 29 Junie vanuit Clarens, die volgende brief aan genl. Botha, een van die stigterslede, gerig:

(more…)

Lees meer

Register van Hugenote vanne

Hugenote museum
Hugenote-museum in Franschhoek

Die eerste skip met Franse Hugenote daarop, was die Nederlandse skip Voorschoten.  Die kaptein was Frans Villierius, en hy het op 31 Desember 1687 uit Delfthaven vertrek en op 13 April 1688 in Saldanhabaai gestrand, nadat ‘n sterk wind die skip van koers af gedwing het.  Dit is in Saldanhabaai waar waarskynlik ook een van die eerste moorde plaasgevind het.  ‘n Hottentot (deesdae Xhoi-Xhoi genoem) het vir Charles Marais (Senior) met ‘n harde voorwerp op sy kop geslaan.  *(Ek is ‘n lid van Charles Marais se groot nageslag in Suid-Afrika). (more…)

Lees meer

Register van Voortrekkers

Voortrekker herdenking
Eeufeesviering van die Groot Trek 1938

Hierdie register van Voortrekkers verwys na die ouers wat aan die Groot Trek deelgeneem het tussen 1835 – 1845. Hier volg die stamvaders en stammoeders (vroegste Trekkergesinshoofde) van die Groot Trek. Die register verwys na gesinshoofde en hulle kinders of afstammelinge nie.

(more…)

Lees meer

Soetkoekies

Soetkoekies
Outydse soetkoekies

Die tradisie van soetkoekies bak is nie iets uit die vyftiger jare se populêre kultuur van fluitige huisvroue wat aldag en heeldag voor die oond staan nie. Inteendeel, die bak van koekies is met groot ywer deur Jan van Riebeeck en die handjie vol settelaars beoefen aan die Kaap.

(more…)

Lees meer

Eg Suid-Afrikaanse vetkoek

Vetkoek is ‘n tradisionele lekkerny maar wat min weet is dat dié eenvoudige vetkoek deel was van die volksplanting hier aan die Suidpunt van Afrika.  Vetkoeke het saam met Hollandse settelaars na Suid-Afrika gekom en was bekend as ‘oliebollen’. Interessant genoeg het die Hollanders ook ‘oliebollen’ na Noord Amerika geneem.

(more…)

Lees meer

Deelnemers aan die Slag van Bloedrivier

Gelofte
Die gelofte wat deur Trekkers afgelê is voor die Slag van Bloedrivier

Die Slag van Bloedrivier is op 16 Desember 1838 naby die Bloedrivier in die huidige KwaZulu-Natal, Suid-Afrika, geveg. Sowat 470 Voortrekkers, onder leiding van Andries Pretorius, het ‘n ossewalaer beskerm teen tussen 10 000 en 20 000 Zoeloe-impies.  Hier is ‘n lys van die deelnemers aan die slag.

(more…)

Lees meer

Bekendes met Afrikander-hemde!

Watter bekendes spog met ‘n Afrikander t-hemp in hulle kaste?

(more…)

Lees meer

Paul Kruger se kleindogters

Nettie Eloff
Mev. Kruger luister na die oorlogsnuus voorgelees deur haar kleindogter Nettie Eloff

Kitsfeite oor twee van Paul Kruger se kleindogters:

(more…)

Lees meer