Month: September 2016

Gevangene 3271 - herinneringe van 'n krygsgevangene in St. Helena

Gratis e-boek: Krygsgevangene 3271

Herinneringe van ‘n Oud-Krygsgevangene op St. Helena

Deur I.J Minnaar (saamgestel deur Liza-Mari Oberholzer)

Tydens die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) is ongeveer 32 000 Boere krygsgevange geneem en na plekke soos Ceylon, Bermuda, St. Helena, Indië en Portugal geneem. Die kampe in Suid-Afrika, nl. Groenpunt, Ladysmith, Umbilo en Simonstad is hoofsaaklik as deurgangskampe gebruik.  Teen die einde van 1900 was die kampe in St. Helena en Ceylon vol en op 2 April 1901 het die eerste groep van 512 krygsgevangenes na Ahmednagar vertrek, ‘n Britse kantonment in Indië.

St. Helena is ‘n geïsoleerde eiland wat dit die perfekte aanhou plek vir die Boere krygsgevangenes gemaak het.  Juis so dat ongeveer 5000 krygsgevangenes na die eiland gestuur is tydens die Anglo-Boere Oorlog.  Min weet van die onsekerheid en wanhoop, die jong seun wat doodgeskiet is, die humoristiese briewe wat die soldate so boos gemaak het en van die krygsgevangenes se eie blikkiesdorp. Hier volg die roerende herinneringe van een van dié krygsgevangenes. (more…)

Lees meer