Month: January 2017

swartrivier

Die vloek van Boontjieskraal

Nog ‘n eg-Afrikaanse volksverhaal is die van die Vloek van Boontjieskraal. Volgens oorlewering sou Pieter Daniel de Wet op ‘n donker en stormagtige nag tussen 1885 en 1927 weier om aan ‘n verbytrekker skuiling te bied. Omdat die oornagplek geweier is, is die reisigers genoodsaak gewees om die Swartrivier oor te steek – met die gevolg dat een van die reisigers verdrink het. Die enkele oorlewende vervloek die De Wets: elke geslag sal net een seun oplewer en daardie seun sal ‘n gewelddadige onnatuurlike dood sterf.

(more…)

Lees meer
Korbeelhuise (1)

Die Karoo se Korbeelhuise

In Hantam in die Karoo tref mens ‘n vreemde gesig aan – huisies wat soos byekorwe lyk. Volgens navorsers is die korbeelhuise deur trekboere tussen 1825 en 1875 gebou toe hulle die binneland deurkruis het.

(more…)

Lees meer
Antjie-Somers

Die legende van Antjie Somers

Antjie Somers is ‘n Suid-Afrikaanse legende van ‘n man wat bedags teen die hange van Tafelberg woon, maar hom snags as ‘n vrou vermom en in die woonbuurte van die Kaap ronddwaal. Volgens die legende vang hy kinders wat stout is of laat uitbly en dra hulle dan in ‘n sak op sy rug weg. Sy naam kom in rympies voor wat aan kinders voorgehou word, soos “Antjie Somers kom jou haal“.  Of kinders is vertel dat as hul stout is dat Antjie hul gan kom haal en in haar groot sak stop.

(more…)

Lees meer
01_lrg

Die slag van Delvillebos

Gedurende die Eerste Wêreldoorlog het sowat 121 offisiere en 3032 manskappe in hewige geveg deelgeneem as deel van die Slag van die Somme.  Die mans wat deel van die Eerste Suid-Afrikaanse Infanterie Brigade.  Op 20 Julie is hul te hulp gesnel maar net 29 offisiere en 751 manskappe het die slag van Delvillebos oorleef en van die bos het slegs een boom oorgebly.

(more…)

Lees meer
Swart

‘n Oorsig van ‘Blackie’ Swart se loopbaan

Op die plaas Morgenzon, distrik Winburg van die OVS is Charles Roberts Swart op 5 Desember 1894 gebore as die seun van Hermanus Bernardus Swart en Aletta Catharina Swart.  (more…)

Lees meer
CASTLE (1)

Pretorius en die stryd teen die Zoeloes

‘n Sleutel figuur in die geskiedenis van Suid-Afrika was Andries Wilhelmus Jacobus Pretorius, gebore 27 November 1798.  Pretorius het n belangrike rol in die vestiging van die voormalige Zuid-Afrikaansche Republiek sowel as die kortstondige Natalia Republiek gespeel en hy was ook bekend vir sy leidende rol in die oorlog teen die Zoeloes. (more…)

Lees meer
Oranje Vrijstaat (2)

Die wapper van ‘n onverwagte wapen!

In die vroeë 1850’s het twee republieke in die gebied noord van die Oranjerivier tot stand gekom. Die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) is in 1852 noord van die Vaalrivier uitgeroep en die Republiek van die Oranje-Vrystaat in 1854 in die gebied tussen die Vaal en die Oranje.

Kort na die stigting van die OVS het die destydsepresident, Josias Hoffman, aandag aan die staatsimbole gegee as deel van die proses om die OVS ‘n volwaardige republikeinse voorkoms te gee.  In reaksie op sy versoek het Willem III van Nederland ‘n wapen en vlag laat onwerp wat hy geskenk het aan die nuwe onafhanklike staat.  Die ontwerp het die oranje dwarsbal wat die Oranjerivier versinnebeeld en drie blaashorings wat die embleem van die Nederlandse koningshuis is, uitgebeeld. (more…)

Lees meer