Month: February 2018

majuba

Die Slag van Majuba

Die Slag van Majuba het op 27 Februarie 1881 plaasgevind. Dit was die laaste militêre botsing tussen Brittanje en die Boere van Transvaal. Die Boere het die Slag gewen en die Britte gedwing om weer vir Transvaal sy vryheid te gee. Van die Britse soldate het 92 gesneuwel, 134 is gewond en 59 is gevange geneem. Slegs een van die Boere […]

Lees meer
jopie

Jopie Fourie se laaste brief

Hier volg die laaste brief van Jopie Fourie voordat hy tereggestel is.  Sien ook onder vir die Afrikaanse weergawe van die brief.

Aan mijn volk  

Zondag 20 December 1914

Pretoria Tronk

Getrouwe Afrikaners, vrienden en vriendinnen, bij de tijd dat gij dit schrijven ontvangt dan is Jopie bij zijn Hemelse Vader.  (more…)

Lees meer
chris barnard

8 Vreemde feite om voor dankbaar te wees

Lees meer
groot trek

Oorsig: Die Groot Trek

Begin van die Groot Trek

Die Groot Trek was die georganiseerde verhuising van tussen 10 000 en 15 000 inwoners van die Kaapkolonie tussen 1836 en 1838.  Die Voortrekkers het hoofsaaklik vanaf die oosgrens gekom. Ondermeer Graaff-Reinet, Uitenhage, Somerset-Oos, Tarka, Grahamstad, Cradock en Colesberg.  Bydraende faktore wat gelei het tot die Groot Trek was ondermeer die griewe teen die Britse regering, wat bitter min gedoen het om die grensboere teen die Xhosa’s te beskerm. Die grensboere het ‘n behoefte gehad tot onafhanklikheid.   (more…)

Lees meer
Voortrekker vlag

Ken jou vlae

Kultuurvlae wat elke Afrikaner moet ken is die Voortrekkervlag, die vlag van Transvaal en die vlag van die Oranje Vrystaat. Hier is ‘n kort opsomming van die geskiedenis van dié vlae: (more…)

Lees meer
Rooibostee

Weet jy waar kom Rooibos vandaan?

Rooibos is ‘n naaldvormige lid van die Fabaceae-plantfamilie wat in die Fynbosstreek in die Wes-Kaap groei. Die Khoisan het tradisioneel rooibos gebruik om maagkrampe teen te werk, hul immuunstelsels op te bou en om ‘n gesonde hart te behou. Vroeë Duitse setlaars in die Kaap het Rooibos begin drink as alternatief vir duur Europese swart tee en Suid-Afrika is die tee algemeen gebruik vir die plaaslike mark.  Rooibos is voorberei deur die stammetjies met byle te kap om die stamme te kneus en dit op ’n hoop te laat lê om die stamme te laat fermenteer.  Na fermentatie is die rooibos takke gedroog voordat dit as tee gebruik kon word.  In 1904 het die Russiese immigrant, Benjamin Ginsberg, begin om Rooibos tee as “Berg Tee” te bemark en dit voorgeskryf as ’n gesonder alternatief tot gewone tee.  (more…)

Lees meer