Blog

Jan van Riebeeck met sy aankoms aan die Kaap

Jan – Jou Bielie

Jan (of eerder Johan Anthoniszoon) van Riebeeck is op 21 April 1619 in Culemborg in Nederland gebore.  Sy ma is op ʼn vroee ouderdom oorlede en sy pa was gereeld we op reis.  Bronne verskil oor die ouer van Riebeeck se beroep – sommiges meen dat hy ʼn skeepskaptein was en ander dat hy ʼn skeepsdokter was soos sy seun later sou word.  Nadat Jan gekwalifiseer het as skeepsdokter is hy in diens geneem van die VOC en het hy na die Ooste vertrek.  Oppad na die Ooste sink hul skip naby die kus van Sierra Leon.  Gelukkig is al die bemanning gered maar hul bereik eers die Ooste ʼn jaar later.

(more…)

Lees meer
De Afrikander Handelshuis

Pretoria kry sy eerste eg-Afrikaanse winkel

Die grootste Afrikaanse winkel van sy soort, De Afrikander Handelshuis (D.A.H), het amptelik sy deure by die Voortrekkermonument oopgemaak.

“Ons maak mense trots op Afrikaners – op ’n moderne wyse,” sê Liza-Mari Oberholzer, mede-eienaar van De Afrikander Handelshuis. (more…)

Lees meer
20130908200138!Patriot_eerste_voorblad

Die Eerste Afrikaanse Taalbeweging

Die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) is op 14 Augustus in die Paarl gestig onder leiding van ds. S.J. du Toit. Dit was die begin van die Eerste Afrikaanse Taalbeweging. Die doel van hierdie organisasie was om die mense daarvan bewus te maak dat hulle ‘n eie taal het wat Afrikaans genoem word. Die GRA was egter van mening dat dit nog te vroeg was om te dink aan ‘n Bybelvertaling in Afrikaans.

(more…)

Lees meer
Gespande draad voor die loopgrawe wat gehelp het om die Britte af te weer.

Foto’s van die Slag van Magersfontein

 

Lees meer
swartrivier

Die vloek van Boontjieskraal

Nog ‘n eg-Afrikaanse volksverhaal is die van die Vloek van Boontjieskraal. Volgens oorlewering sou Pieter Daniel de Wet op ‘n donker en stormagtige nag tussen 1885 en 1927 weier om aan ‘n verbytrekker skuiling te bied. Omdat die oornagplek geweier is, is die reisigers genoodsaak gewees om die Swartrivier oor te steek – met die gevolg dat een van die reisigers verdrink het. Die enkele oorlewende vervloek die De Wets: elke geslag sal net een seun oplewer en daardie seun sal ‘n gewelddadige onnatuurlike dood sterf.

(more…)

Lees meer
Korbeelhuise (1)

Die Karoo se Korbeelhuise

In Hantam in die Karoo tref mens ‘n vreemde gesig aan – huisies wat soos byekorwe lyk. Volgens navorsers is die korbeelhuise deur trekboere tussen 1825 en 1875 gebou toe hulle die binneland deurkruis het.

(more…)

Lees meer
Antjie-Somers

Die legende van Antjie Somers

Antjie Somers is ‘n Suid-Afrikaanse legende van ‘n man wat bedags teen die hange van Tafelberg woon, maar hom snags as ‘n vrou vermom en in die woonbuurte van die Kaap ronddwaal. Volgens die legende vang hy kinders wat stout is of laat uitbly en dra hulle dan in ‘n sak op sy rug weg. Sy naam kom in rympies voor wat aan kinders voorgehou word, soos “Antjie Somers kom jou haal“.  Of kinders is vertel dat as hul stout is dat Antjie hul gan kom haal en in haar groot sak stop.

(more…)

Lees meer
01_lrg

Die slag van Delvillebos

Gedurende die Eerste Wêreldoorlog het sowat 121 offisiere en 3032 manskappe in hewige geveg deelgeneem as deel van die Slag van die Somme.  Die mans wat deel van die Eerste Suid-Afrikaanse Infanterie Brigade.  Op 20 Julie is hul te hulp gesnel maar net 29 offisiere en 751 manskappe het die slag van Delvillebos oorleef en van die bos het slegs een boom oorgebly.

(more…)

Lees meer