5 Feite oor Emily Hobhouse

5 Feite oor Emily Hobhouse

Emily Hobhouse was ‘n formidabele vrou wat vandag steeds as een van die grootste heldinne ter wêreld erken word. Verskeie strate in Suid-Afrika is selfs na haar vernoem.  Emily het konsentrasiekampe in Suid-Afrika besoek tydens die Eerste Wêreldoorlog om klere en ander benodighede uit te deel en is die bynaam “Angel of love” deur die dankbare Boerevroue wie haar goedheid ervaar het, gegee . Met haar terugkeer na Engeland het sy haar afkeer teen die konsentrasiekampe uitgespreek. Hier is 5 kort feite oor Emily Hobhouse. 

  1. Emily Hobhouse is op 9 April 1860 in Cornwall, Engeland gebore. 
  2. Emily se vader was ‘n rektor van ‘n kerk en Emily het eers na sy dood die  voorskrifte ontsnap waartoe die heersende Victoriaanse kultuur ‘n  ongetroude vrou soos sy ingeperk het. 
  3. Selfs nadat die oorlog verby was, het sy gepoog om Suid-Afrikaners op te hef. Sy het op Philippolis (in die Vrystaat) ‘n spin-en-weefskool begin waar vroue geleer is om klere te maak uit skaap en angorawol. Hierdie skool het tot regoor die land versprei.
  4. Die Suid-Afrikaanse sangeres, Karen Zoid, het die liedjie, “love is a weapon” geskryf ter herdenking van Emily Hobhouse. Dit is ook die temalied vir die dokumentêr, “‘n Song vir Emily,” deur Herman Binge. 
  5. Emily Hobhouse se as is op 26 Oktober 1926 in Bloemfontein aan die voet van die Vrouemonument begrawe nadat sy  op 8 Junie 1926 in Londen kinderloos en ongetroud gesterf het.