Generaal Jacobus Herculaas (Koos) de la Rey

Generaal Jacobus Herculaas (Koos) de la Rey word beskou as een van die sterkste en hardkoppigste Boere-generaals. Tydens die Anglo-Boereoorlog is hy geken as ‘n briljante strateeg wat veral tydens die guerrilla-fase van die oorlog baie suksesse besorg het. Dit is daarom redelik ironies dat De la Rey van die begin af gekant was teen die oorlog. Vir sy teenkanting is hy uitgekryt as ‘n lafaard, waarop De la Rey
geantwoord het dat as die oorlog sou uitbreek, hy sou veg tot die einde toe, lank nadat dié wat hom ‘n lafaard noem al opgegee het. Na die uitbreek van die oorlog in 1899 is dit ook toe so gewees en was De la Rey een van die Bittereinders wat tot die einde toe geveg het. Koos is veral bekend vir sy briljante strategie by die Slag van Magersfontein. Die slag het ‘n beroemde oorwinning geword en was een van ‘n driestuks neerlae wat in Brittanje as die Swart Week bekend gestaan het. Vir sy durf word hy beskou as een van die grootste – indien nie die grootste – militêre leiers in Suid-Afrika se geskiedenis.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *