Jan – Jou Bielie

Jan (of eerder Johan Anthoniszoon) van Riebeeck is op 21 April 1619 in Culemborg in Nederland gebore.  Sy ma is op ʼn vroee ouderdom oorlede en sy pa was gereeld we op reis.  Bronne verskil oor die ouer van Riebeeck se beroep – sommiges meen dat hy ʼn skeepskaptein was en ander dat hy ʼn skeepsdokter was soos sy seun later sou word.  Nadat Jan gekwalifiseer het as skeepsdokter is hy in diens geneem van die VOC en het hy na die Ooste vertrek.  Oppad na die Ooste sink hul skip naby die kus van Sierra Leon.  Gelukkig is al die bemanning gered maar hul bereik eers die Ooste ʼn jaar later.

In die Ooste word Jan vinnig bevorder, eers na onderkoopman en daarna na Koopman.  Na ʼn ontslag in die Ooste weens privaat handel keer Jan terug na Nederland.  Oppad na Nederland stop die vloot waarmee hy reis aan die Kaap vir 18 dae om die oorlewendes van die gestrande Haarlem te red – dit was Jan se eerste kennismaking met die Kaap.  Terug in Nederland word hy van sy titel as Koopman onthef en moet Jan sy loopbaan van vooraf begin.  Maar Jan het hom nie so maklik laat stuit nie.  Hy trou op 28 Maart 1649 met Maria de la Quellerie en is twee seuns uit die huwelik gebore.  In die tyd het Jan privaat toere na Groenland en die Ooste gedoen maar sy hart het bly terug hunker na die VOC.  Hy besluit om ʼn memorandum aan die Here XVII voor te lê om ʼn verversingspos aan die Kaap te begin – ʼn voorstel wat etlike jare tevore deur oorlewendes van die Haarlem geopper is.  Op Kersdag 1651 vertrek Jan en sy gesin na die Kaap om die verversingspos te begin.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *