Josef Johannes (Jopie) Fourie

Josef Johannes (Jopie) Fourie is op 27 Augustus 1878 gebore in die Distrik Pretoria en sterf in 1914 voor ’n vuurpeloton. Hy word as ’n held gesien wat tot die einde geveg het vir die onafhanklikheid van die ou Boererepublieke en opgestaan het vir die idees waarin hy glo het. In 1914 sluit hy by die Rebellie aan in reaksie teen die regering se besluit om Duits-Suidwes- Afrika binne te val as deel van die oorlogspoging van Brittanje teen Duitsland. Jopie is in die omgewing van Rustenburg gevange geneem op 16 Desember 1914 het voor ’n krygshof verskyn. Hy is op 20 Desember tereggestel voor ‘n vuurpeloton. Hy is die enigste deelnemer aan die Rebellie wat op hierdie wyse die hoogste prys betaal het.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *