Kom ons vier Krugerdag!

Op 10 Oktober vier ons Krugerdag deur ‘n kort oorsig te gee van sekerlik een van die mees bekende figure in Suid-Afrikaanse geskiedenis, Johannes Stephanus Paulus Kruger! Hy  is op 10 Oktober 1825 gebore op die plaas Bulhoek, wat aan sy oupa behoort het. Op elfjarige ouderdom sluit sy ouers aan by Hendrik Potgieter se trek as deel van die Groot Trek.  

Na Paul Kruger se pa later na Rustenburg distrik verhuis het, het Kruger het op die ouderdom van 16 ‘n plaas aan die voet van die Magaliesberge bekom. Hy is die volgende jaar met Anna Maria du Plessis getroud. Sy en haar baba sterf ‘n paar jaar daarna. Hy en sy tweede vrou, Gezina is in 1847 getroud en hulle het sewe dogters en en nege seuns gehad.

Kruger was ‘n baie gelowige man en volgens oorlewing het hy net een boek gelees – die Bybel -wat hy ook uit sy kop geken het. Tydens die Britse oorname van die destydse Transvaal, het hy die eerste leier van die Afrikaner weerstands-beweging geword. In daardie jaar het hy Britanje besoek . Twee jaar daarna het die eerste Anglo-Boereoorlog uitgebreek en die boere se eerste oorwinning was die slag van Majuba in 1881. Kruger het hier ‘n leidende rol gespeel. Op 30 Desember 1880 is hy gekies as die president van Transvaal. Sy eerste doelwit was onderhandelinge tussen die boere en Britte wat tot die beëindiging van die oorlog gelei het.  Hy wen ook presidentsverkiesings in 1888, 1893 en 1898. Met die ontdekking van goud aan die Witwatersrand het die politieke landskap baie verander en baie ‘uitlanders’ het na die gebied gestroom. In 1899 breek die tweede Anglo-boereoorlog uit en op 7 Mei woon hy die laaste keer ‘n Volksraad vergadering by.  Hy vertrek kort daarna na Europa en sterf in 1904 in Clarence, Switserland. Sy liggaam is later na Suid-Afrika gebring waar hy in die helde-akker begrawe is. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *