Oor ons

In 1707 het Hendrik Biebouw uitgeroep: "Ik ben een Afrikander" (Ek is 'n Afrikaner), in opstand teen die koloniale regering in die Kaap. De Afrikander se naam is afkomstig van dié woorde van Hendrik Biebouw waar die woord "Afrikaner" die eerste maal gebruik is. Dit was die oomblik waar Afrikaners hulle gesigte weg van Europa en na Afrika gedraai het. Hierdie gebeurtenis spreek van 'n vreeslose opeising van identiteit en 'n diep gewortelde trots. De Afrikander spog met dié leefwyse en laat jou toe om dit met trots op jou mou te dra. De Afrikander - Geanker sedert 1652.


WIE IS DE AFRIKANDER

De Afrikander Handelshuis (D.A.H) skep ontwerpers T-hemde en bykomstighede wat eie is aan jóú kultuur - 'n vervulling van die belofte van 1652. De Afrikander bestaan uit 'n klein groepie jongmense van Pretoria wat oorspronklikheid te ernstig opneem, trots vir jou erfenis beskou as 'n oorlewingsvereiste en 'n ongesonde fassinasie het met Jan van Riebeeck, vreemde volksverhale en Afrikaanse gesegdes. As jy by De Afrikander koop help jy ons om meer produkte op die rakke te sit, sodat jy 'n leefstyl kan hê wat trots Afrikaans is deur jou taal op jou mou te dra! Help ons om jou een-stop algemene handelaar te wees vir alles wat jy nodig het om jouself te wees.
Hoë gehalte Kultuurdrag
dra jou trots op jou bors

Ons fokuspunte

Kreatief

Ontwerpe wat koppe laat draai. Lyk goed, voel goed!

Kultuur

Ons seevier die geskiedenis wat ons trots maak

Afrikaans

Meer as net 'n taal. Praat jou taal, dra jou taal!

Hoë gehalte

Goeie gehalte produkte, altyd