moerkoffie
moerkoffieMoerkoffie

Jopie Fourie Moerkoffie

R 85.00

Egte Moerkoffie

250g gemaalde bone

“Lafenis vir Vegtergees – sedet 1914”

Category: Tag:

Product Description

Jopie (Josef Johannes) Fourie is op 28 Augustus 1878 op die plaas Hartebeesspruit gebore naby Pretoria.  In 1893 gaan Jopie Fourie saam met Generaal Joubert se seun en ‘n paar ander Transvalers na Grey College in Bloemfontein waar hy drie jaar lank ywerig studeer het.

Met die uitbreek van die Anglo-Boere0orlog is Fourie aangestel as rapportryer in Generaal Joubert se kommando.  Hy word vinnig bekend vir sy kalm benadering van dinge en oefen tydens die oorlog reeds ‘n groot invloed op die ander manskappe in sy kommando uit en word later tot kommondant bevorder.

Tydens ‘n skermutseling Noord van Pretoria word hy in die been gewond en gevange geneem waarop hy twee of drie operasies moes kry.  Daarna het Jopie Fourie altyd half mank geloop.  Tydens sy tyd in die hospitaal het ‘n Engelse offisier hom met die kolf van sy rewolwer geslaan en erger gewond, wat bygedra het tot sy negatiewe gevoelens teenoor die Britte.

Na die oorlog het hy op sy plaas in Wildebeeshoek gaan boer maar toe die Eerste Wêreldoorlog uitbreek en gerugte van toetrede aan Brittanje se kant begin versprei het, het dit teen Fourie se grein ingegaan.

Op 10 Oktober was Fourie en ‘n vriend in Pretoria en hoewel beide van plan was om nog terug te keer na hulle plase was die weer sleg en het hulle besluit om oor te bly.  Hulle gaan toe na ‘n funksie in die Opera-gebou waar president Kruger se verjaarsdag gevier word.  Toe die sangkoor begin optree het ‘n klomp ongewenste mense die funksie met disrespek onderbreek en allerlei straatliedjies begin sing waarop Fourie opgestaan het en hulle in Engels aangespreek en aangemaan het om respek te toon vir die geleentheid.  Maar die groep mans het hulle nie aan Fourie gesteur nie.  Fourie het later aan ‘n vriend gesê dat die insident al die bitterheid wat hy teenoor die Britte gevoel het en probeer vergeet het, weer laat oorborrel het.

Met die aankondiging dat Suid-Afrika sal toetree tot die Britte se kant in die Eerste Wêreldoorlog het Fourie hom by die Rebellie aangesluit.  Hy word egter op 16 Desember van dieselfde jaar in Rustenburg gevange geneem.  Baie mense spekuleer dat die regering besluit het om van Jopie Fourie ‘n voorbeeld te maak vir die ander rebelle.  In die daaropvolgende dae nadat hy gevange geneem is verskyn hy voor die krygshof en word op 20 Desember gefussileer.  Menigde petisies is voorgelê aan Smuts om te probeer om sy lewe te spaar maar dit is botweg geweier.  Hy is onmiddelik na sy teregstelling op die gevangenis terrein begrawe.

Ongeveer 36 uur later is die lyk stilweg opgegrawe en in die geheim na die nuwe kerkhof van Pretoria verskuif.  Hy is onder die naam Hans Coetzee herbegrawe.  Na menigde pogings van sy vrou, Susan Fourie, om sy graf op te spoor het Smuts toestemming gegee dat sy liggaam opgegrawe kan word vir ‘n nadoodse ondersoek.  Tien maande en sewe dae na sy dood is hy weer onder sy eie naam begrawe.  In 1923 is hy weereens in die helde-akker begraafplaas in Pretoria finaal te ruste gelê waar sy graf vandag steeds is.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Jopie Fourie Moerkoffie”

Your email address will not be published. Required fields are marked *


Gewilde produkte

Lyk goed, voel goed