Kappie Kommando
Kappie KommandoKappie KommandoKappie kommando

Kappie Kommando

R 270.00

Johanna Brandt was ‘n uitmuntende spioen, verpleegster en skrywer tydens die Anglo-Boereoorlog.  Saam met haar ma het sy een van die mees suksesvolle spioenasie-ringe reg onder die Britte se neuse bedryf.  Die spioenasie-ring is bedryf op die plaas Harmonie, in die omgewing van die hedendaagse Sunnyside in Pretoria.

Johanna se ma, Maria het die plan van ‘onsigbare briewe’ beraam. Sy het wit koeverte versigtig oopgestoom en ‘n brief in suurlemoensap aan die binnekant van die koevert geskryf. Die koevert is dan weer aanmekaargeplak en ‘n onskuldige brief is daarin geplaas. Die onsigbare brief sou sigbaar word as jy met ‘n warm yster daaroor stryk.  So is inligiting oor wat in Pretoria aangaan en troep-bewegings aan die kommando’s verskaf.  Die dapper vroue het ook gehelp om jong mans uit Pretoria te smokkel. Haar mees suksesvolle boek,

“Die Kappie Kommando, Boerevrouwen in Geheime Dienst” – is in 1913 in Amsterdam gepubliseer en vertel die verhaal van haar en haar ma se spioenasiewerk.

Clear
SKU: N/A Category:

Product Description

Wat maak Kappie Kommando uniek?

  • Die hemp is langer gemaak onder vir meer gemak
  • Die hals is nie te laag nie maar voel ook nie soos ‘n polo-nek nie
  • Die ontwerp sal nie uitwas nie, dis taaier as ‘n ratel
  • Die hemp is van begin tot einde in Suid-Afrika gemaak!

Die Kappie Kommando t-hemp word netjies verpak in ‘n kartonkoevert wat elke bestelling soos Kersfees laat voel.

Groottes:

Die Kappie Kommando hemde is se groottes is effens kleiner as meeste ander hemde. Indien jy onseker is bestel eerder een grootte groter!

Additional Information

Grootte

Small, Medium, Large, XLarge, XXLarge, XXXLarge

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Kappie Kommando”

Your email address will not be published. Required fields are marked *



Gewilde produkte

Lyk goed, voel goed