Resep vir die beste appelkooskonfyt

Soek jy iets om ‘n eenvoudige broodjie of botterbroodjie (scone)  lewe te gee? Hierdie appelkooskonfyt is nie net lekker nie, dit bevat ook talle gesondheidsvoordele. Dit kan byvoorbeeld kanker voorkom aangesien dit ‘n hoë bron van pektien is. Swanger vroue word ook aangeraai om dit te eet, aangesien dit ook die kanse van spina bifida en neuraalbuisdefekte in ongebore babas voorkom. Hou egter matigheid voor oë, want te veel van ‘n goeie ding  kan ook nadelig wees! As gevolg van die hoë suikerinhoud kan dit lei tot diabetes. Maar ons elkeen kort nou en dan ‘n soet konfytjie om ons op te beur!

Resep vir appelkooskonfyt:

Bestandele:

  • Appelkose (gewas en ontpit)
  • Soveel suiker soos die hoeveelheid gram vrugte wat jy gaan gebruik.

Voorbereiding:

  • Plaas die vrugte en suiker in lae in die kastrol waarvan die bodem met botter gesmeer is en laat dit vir ‘n paar uur staan.
  • Verhit dit egalig en roer dit tot al die suiker opgelos is.
  • Trek die lepel oor die bodem van die pot om te verhoed dat dit vasbrand.
  • Kook die vrugte vinnig totdat dit helder is.
  • Skep in lugdigte houers en verpak.

En siedaar! Jy het jou eie appelkooskonfyt gemaak! Nou kan jy unieke kersgeskenke uitdeel hierdie jaar of jou nuwe buurman verras met jou nuwe vaardighede!appelkoos konfyt

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *