Stephanus Johannes Paulus (Paul) Kruger

Stephanus Johannes Paulus Kruger, ook bekend as “Oom Paul” was die laaste president van die Zuid-AfrikaanscheRepubliek.  Hy is vier keer tot president verkies, die laaste keer in 1898.  Paul Kruger se pa, Casper Jan Hendrik Kruger, en sy moeder, Elsie Fransina Steyn, het by die Groot Trek aangesluit, en die jong Paul het al die ontberings van die tyd deurgemaak.

Op 15-jarige ouderdom is hy erken as ‘n burger en toe hy 17 was trou hy en gaan vestig hom op sy plaas, Waterkloof, naby Rustenburg in Noord-Wes. Op een van sy jagtogte toe Oom Paul ‘n renoster in die oog gehad het, het sy geweer opgeblaas en sy hand vergruis.  Oom Paul was genoodsaak om al bloeiend terug te jaag na die laer waar hy behandel is vir sy wonde.  Omdat die mediese sorg van die tyd so sleg was, het Oom Paul infeksie in die duim gekry wat later tot in sy arm versprei het.  Volgens oorlewering het sy hele arm swart begin word en is daar verwag dat hy sou dood gaan.  Oom Paul wou egter niks weet nie en het besluit om sy eie duim met ‘n knipmes af te sit.  Die daad het bes moontlik sy lewe gered.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *