Weet jy waar kom Rooibos vandaan?

Rooibos is ‘n naaldvormige lid van die Fabaceae-plantfamilie wat in die Fynbosstreek in die Wes-Kaap groei. Die Khoisan het tradisioneel rooibos gebruik om maagkrampe teen te werk, hul immuunstelsels op te bou en om ‘n gesonde hart te behou. Vroeë Duitse setlaars in die Kaap het Rooibos begin drink as alternatief vir duur Europese swart tee en Suid-Afrika is die tee algemeen gebruik vir die plaaslike mark.  Rooibos is voorberei deur die stammetjies met byle te kap om die stamme te kneus en dit op ’n hoop te laat lê om die stamme te laat fermenteer.  Na fermentatie is die rooibos takke gedroog voordat dit as tee gebruik kon word.  In 1904 het die Russiese immigrant, Benjamin Ginsberg, begin om Rooibos tee as “Berg Tee” te bemark en dit voorgeskryf as ’n gesonder alternatief tot gewone tee. 

In 1930 het Dr P le Fras Nortier ontdek hoe om rooibos sade te ontkiem.  Nortier het die eerste plante in Clanwilliam op sy plaas gegroei en die sade was so skaars dat hy die plaaslike bevolking £5 vir elke vuurhoutjie boksie vol sade betaal het.  Die probleem is gou opgelos toe ’n ou Khoi vrou ’n ongewone bron vir die sade gekry het.  Sy het ’n mier gevolg na sy nes waar sy ’n groot klomp sade gekry het.  Die fonds het uiteindlik verseker dat Nortier genoeg sade gehad het om sy eksperimente mee te voltooi.  Oor die volgende dekade het die prys van rooibos sade tot £80 vir ’n pond gestyg wat dit die duurste groente sade ter wêreld gemaak het.

Die rooibos tee industrie het sy grootste groei gesien gedurende die Tweede Wêreld Oorlog toe dit byna onmoontlik geword het om tee van Oosterse lande in te voer.  Rooibos is as alternatief gebruik en reg oor die wêreld verskeep.  Die tee is nou wêreld-bekend en in 2013 het die Suid-Afrikaanse Departement van Handel en Nywerheid regulasies geplaas op die gebruik van die naam “rooibos”, “red bush”, “rooibostee”, “rooibos tea”, “rooitee” en “rooibosch” sodat die naam nie gebruik kan word vir iets wat nie van die plant afkomstig is nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *