Wil jy vir De Afrikander Handelshuis werk?

Is jy onsettend nederig, honger vir uitdagings, gemaklik met probleme oplos en verskriklik passievol oor Afrikaans? Doen dan aansoek om by die enigste Afrikaanse winkel van sy soort te kom werk!

Poste beskikbaar:

Winkelbestuurder:

‘n Winkelbestuurder word benodig vir die volgende take:

  • Algemene administrasie
  • Voorraad beheer
  • Bemanning van betaalpunt
  • Bestuur van bemarkingsprojekte
  • Bestuur van tydelike werknemers
  • Skakeling met verskaffers
  • Koördinering van markte

Die persoon sal verantwoordelik wees vir die algemene bestuur van die winkel en moet daarom self gemotiveerd wees, baie goeie kommunikasie vaardighede hê, ‘n toepaslike graad of minstens oor 2 jaar se werkservaring beskik.

De Afrikander Handelshuis is opsoek na iemand wat saam met die maatskappy kan groei, volle verantwoordelikheid kan neem en wat werklik glo in die saak – naamlik om mense trots te maak op Afrikaners.

Tydelike winkelassistent:

‘n Tydelike assistent word benodig om:

  • Enkele dae per week die betaalpunt te beman (verkieslik naweke)
  • Uit te help met feeste en verkope

Die ideale persoon is gedrewe en bereid om hard te werk. Die persoon moet ook sy eie vervoer hê.

As jy wil deel word van die span – stuur jou CV en ‘n rede waarom jy dink jy geskik is vir die pos na handelshuis@afrikander.com

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *