OOR ONS

De Afrikander Handelshuis (D.A.H)

OOR ONS

De Afrikander Handelshuis (D.A.H)

D.A.H – vir alles wat jy nodig het om jouself te wees.

D.A.H is in 2013 deur Charl en Liza-Mari by ’n koffiewinkel in Magnoliadell in Pretoria begin met die oog om die mark op sy kop te draai. “New York” en “London” hemde het die mark oorgeneem terwyl ons eie identiteit in die slag gebly het. Die rede was dat daar niks jonk en modieus genoeg was waarmee ons vriende wou assosieer nie.  Met vier ontwerpe het ons geglo ons kon die wêreld stormloop en oortuig dat Afrikaans en Afrikaanse geskiedenis met trots op jou bors gedra kan word.

Vyf jaar later, na talle landbou -en kunstefeeste, straatmarkte en laat aande se t-hemde vou verder is De Afrikander Handelshuis die tuiste vir eg-Afrikaanse produkte.  Met die aanlynwinkel en ’n fisiese winkel wat by die Voortrekkermonument gesetel is, poog ons om ’n grenslose tuiste vir die Afrikaanse gemeenskap te wees.

Dra jou taal op jou mou!

D.A.H was ’n finalis in Akademia se nasionale sakeplan-kompetisie en het die afgelope twee jaar die Tinteltong-toekenning verwerf vir die beste Afrikaanse sosiale media. D.A.H is ook genomineer as een van die top tien besighede in 2017. Adam Tas, Chris Chameleon, Bok van Blerk en Steve Hofmeyr tel onder die duisende gelukkige kliënte van D.A.H.

As jy by D.A.H koop help jy ons om meer produkte op die rakke te sit, sodat jy ‘n leefstyl kan hê wat trots Afrikaans is deur jou taal op jou mou te dra! Help ons om jou een-stop algemene handelaar te wees vir alles wat jy nodig het om jouself te wees.

Produkte met kultuur

Van die grootwild-jagter wat met sy trofees op sy bors pronk, tot huis -en dekor produkte wat tot jou skoonma se goedkeuring sal wegdra! Ons het alles wat jou hart begeer…

KRY ONMIDDELIK R50 AFSLAG vir enige aankope bo R200

Teken in vir die Posmeester - lag lag die maklikste manier om deel te word van ons gemeenskap, vra maar die duisendes wat dit reeds gedoen het!

 

R50 AF

*Jou inligting is veilig by ons, ons hanteer e-pos adresse soos goud.