10 Feite oor Generaal J.B.M Hertzog
Share
- Hy was ‘n vurige voorstander van die behoud van Nederlands as kultuurtaal vir die Afrikaner.
- Hy het ‘n leidende rol gespeel in die stigting van die Zuid-Afrikaanse Akademie voor Taal, Letteren en Kunst wat op 2 Julie 1909 opgerig is.
- Was onderbevelvoerder van die leër van die Oranje-Vrystaat.
- In 1895 het hy regter in Bloemfontein (Oranje-Vrystaat) geword.
- Was ‘n groot voorstander van guerrilla-aksies teen die Engelse.
- Hy is tydens die Tweede Boereoorlog (1899-1902) van kommandant tot generaal in rang bevorder.
- Hy was een van die oprigters van die Orangia Unie Party wat hom ten doel gestel het om die Afrikanerkultuur te behou met heftige verset teen assimilasie met die Engelse.
- Hy was vir 33 jaar parlementslid .
- Hertzog was ‘n teenstander van Suid-Afrikaanse deelname aan die Tweede Wêreldoorlog.
- Was een van die ondertekenaars van die Vrede van Vereeniging in 31 Mei 1902.