Beleid

  • Aflewering binne Suid-Afrika

    Soos ’n goed-geoefende posduif poog De Afrikander Handelshuis om standaard plaaslike bestellings binne 1-4 werksdae by jou deur af te laai. Vir plaaslike aflewerings word The Courier Guy as koerierdienste gebruik. Koerierkoste kan tussen R75 - R120 beloop vir aflewerings in hoofsentrums, en tot R160 in afgeleë gebiede.

  • Beskikbaarheid van produkte

    Indien jy kies om jou pakkie self af te haal, kan dit by die volgende adres afgehaal word:

    De Afrikander Handelshuis,
    Voortrekkermonument,
    Eeufees weg,
    Groenkloof,
    0027

    Let wel dat indien jy jou bestelling plaas en dié opsie kies, jy in kennis gestel sal word sodra jou pakkie gereed is vir afhaal. Wanneer jy by die hek van die Voortrekkermonument is kan jy net aandui dat jy ’n pakkie by die geskenkwinkel kom afhaal.

  • Internasionale aflewerings

    Alle internasionale versendings word deur Aramex gekoerier en ’n vaste koste van R1500 word gehef vir pakkies tot 5kg in volumetriese grootte. Vir pakkies wat swaarder is as dit kan ’n bykomende kwotasie gestuur word vir bykomende koerierkostes, afhangende van die eindbestemming.

    Let wel dat daar kan ook plaaslike doeane-fooie betaalbaar wees in die land waar jy woon en is buite die beheer van De Afrikander Handelshuis.

Terugstuurbeleid

Jy is vir ons soos familie. Indien jou produk beskadig is sal ons dit op ons koste vir jou omruil, indien:

Jy ons daarvan in kennis stel binne 7 dae van jou aankoop;Die produk in sy oorspronklike verpakking is;Die produk ongebruik en in dieselfde toestand is waarin jy dit ontvang het.

Indien jou produk in tip-top toestand is maar jy van plan verander het, of jy wil ’n ander grootte of kleur hê  – dan ontmoet ons jou halfpad. Jy gaan op jou eie koste die produk aan ons moet terugstuur of aflewer. Ons sal op ons kostes die produk weer by jou aflaai. Verder geld dieselfde voorwaardes, naamlik dat jy ons daarvan in kennis moet stel binne 7 dae van jou aankoop en die produk in sy oorspronklike toestand moet wees.

Indien jy nie die produk wil omruil nie sal jy versoek word om die produk aan De Afrikander Handelshuis terug te stuur op jou eie koste. Sodra die produk ontvang word en die produk ongebruik is, sal jou betaling per EFT aan jou terugbetaal word.

Vir internasionale bestellings is alle terugstuur of vervangingsfooie die verantwoordelikheid van die kliënt.

REPUBLK