4 Afrikaanse speelgoed-items wat jou nostalgies sal maak!

4 Afrikaanse speelgoed-items wat jou nostalgies sal maak!

Met die skoolvakansie wat nader kruip, krap meeste ouers alreeds hoe hul die kleinspan gaan besig hou. Vir n kind kan die vakansiedae ekstra lank voel wanneer hul verveeld is. Hier is n lys van vyf trots Afrikaanse speelgoed wat enige kind se ogies sal laat blink van opgewondenheid. 

  1. Lappoppe

Talle dogtertjies het tydens die Groot Trek hul lappoppe saam met hul op reis gevat. Die oudste lappop dateer uit die Romeinse era en is in die graf van n dogtertjie in Egipte wat tussen die eerste en vyfde eeu na Christus begrawe is, gevind en was gemaak uit stukkies lap en papier (papyrus) . Daar is egter kinders wat hul lappoppe uit hout en klei gemaak het. 

  1. Rekkie gewere

Gemaak uit hout, en met rubberrekkies as projektiele, sal selfs die ouers saam wil speel. Dit is beter as n klapgeweer, sterker as n plastiekgeweer en vinniger as n watergeweer…dit is die rekkiegeweer waarmee ons almal groot geword het. Behalwe dat dié een semi-outomaties is met meer as een rekkie gelaai kan word op n slag!

  1. Kettie

Die klassieke kettie is gemaak uit assegaaihout en beesvel. Dit was egter nie net n speelding nie, maar ook n wapen. In 1901 tydens die Anglo-Boereoorlog, toe Lichtenburg deur die Britte ingeval is, het een van die inwoners ketties aan sy kinders gegee om te help om die dorp te verdedig. Die kinders het die Britte in die troeë geskiet, wat die Britte laat opstaan het om te kyk wat hul getref het. Dit het die Britte makliker teikens gemaak vir die Boere om hul te skiet. 

  1. Tolletjiebrei

Tolletjiebrei hou baie voordele vir jong kinders in. Dit verbeter hul fyn motoriesevaardighede en konsentrasie. Om te begin, benodig jy ‘n tolletjie, ‘n dunnerige breinaald, wol van verskillende kleure (verkieslik 4-draadwol, anders is die wol te groot om in die gaatjie te pas) , vier panel pins/paneelspykertjies en laastens, ‘n stukkie riffelkarton in die vorm en grootte wat jy verkies.

Hier is hoe jy n lappie kan maak om warm potte op te plaas:

  1. Gebruik die naald om die wol dan oor te haak en sodoende n stekie te maak wat aan die spykertjie vas is. Beweeg dan om al die spykertjies en haak, of brei, die wol by elkeen oor. So word n lang wurmpie” gevorm wat deur die gaatjie van die tolletjie afhang, nadat dit n paar keer om die spykertjies gebrei is.
  2. Sodra jy oorgaan na n volgende kleur wol, maak seker dat die wol goed geknoop is.  Stoot dan die knoop in die tolletjie se gaatjie om dit binne-in die breiwerk te versteek.
  3. Sodra die breiwerk (wurmpie) lank genoeg is, knoop die punt van die wol vas sodat die breiwerk nie lostrek nie. Draai gevolglik die wurmpie vanaf die middel op die patroon om die karton toe te maak. Plak die wurmpie stukkie vir stukkie op die karton met projekgom vas.