5 Oulike Afrikaanse produkte om jou bors te laat bult van trots

5 Oulike Afrikaanse produkte om jou bors te laat bult van trots

De Afrikander Handelshuis ondersteun graag plaaslik. Hier is vyf trots Afrikaanse produkte wat baie goeie geskenke vir jou vriende, familie (of jouself!) is. Boonop hoef jy nie te sukkel om die produkte op die lys op te spoor nie aangesien jy hul almal op ons aanlynwinkel kan bestel.

  1. Bosseep 

Is moz Bos bosseep is gebore toe ‘n bosliefhebber op ‘n verlate grondpad in Botswana deur die reuk van wildesalie bekoor is. Sy het dadelik besef dat sy hierdie geurige struik moet deel met ander mense. Sy het bondels en takke bymekaar gemaak en sorgvuldig verpak. Kort voor lank het sy begin met die vervaardiging van ‘n unieke lyfprodukreeks wat wildesalie, vir daardie aardse bosreuk, en sitronella en  In hierdie produkreeks pryk ook ‘n bosstort, bosblok (sonblok), boskind bosseep, bosbekers en vele meer bederf produkte.  Is moz Bos bevat ook sitronella ekstrak om muskiete weg te hou. 

Hul uitnemendheid word bevestig deur hul tweede plek in die Afrivriendelik Entrepreneur van die jaar kompetisie van 2018. Jy kan jou bosseep saam jou neem na enige bestemming en daar is selfs mense wat al met hul Bosseep in Oorsese lande gespog het. Almal hou van Bosseep- almal behalwe muskiete!

  1. Boerseep (Ouma se boerseep)

Boerseep het tydens die Groot Trek sy bekendheid verwerf as skoonmaakmiddel vir enige iets. Dit is gebruik om hare mee te was en selfs om  van  hardnekkige vlekke soos olie, modder, bloed en wyn op alle oppervlakke ontslae te raak. Hierdie seep word vandag ook gebruik as ‘n natuurlike afweermiddel vir vlooie op troeteldiere, en daar is selfs mense wat aanvoer dat dit simptome van ekseem verlig en gevolglik wonderlik is vir tieners met probleemvelle. Jy kan ook jou baba daarmee bad, aangesien dit geen velallergieë veroorsaak nie. 

Kry vandag nog hierdie wondermiddel vir jou huishouding

  1. Afrikana – Tradisionele Afrikaanse liedjies, die volledige versameling. 

Sing saam, dans saam, en vul die lug met pure Afrikaanse klanke. Raak nostalgies oor liedjies wat jy ken, en ondek nuwe gunstelinge waarvan jy nog nooit gehoor het nie. Hierdie versameling bevat 7 cd’s wat jou toelaat om ‘n wye verskeidenheid liedjies in een kompakte boks te koop, naamlik: 

CD 1: Tradisionele liedjies van verskeie kunstenaars. CD 2: Tradisionele liedjies van verskeie kunstenaars. CD 3: Moederlief. CD 4: Gewyde Liedere. CD 5: Tradisionele Boeremusiek. CD 6: Liefdesliedjies. CD 7: Kersfees. 

  1. Blommetjie gedenk aan my  t-hemp. 

Hierdie hemp is nie slegs sag op die oog met sy pienk kleur en protea illustrasie nie, maar het ook ‘n kleurvolle geskiedenis. “Blommetjie gedenk aan my” word gesien as die eerste Afrikaanse rock-liedjie. Die lied vertel die ware verhaal van ‘n vrou wat in 1968 oppad na haar troue in ‘n motorongeluk oorlede is. ‘n Gedeelte van die woorde lui: “Blommetjie gedenk aan my, en sy lig haar duim na bo. Blommetjie gedenk aan my, sing die spook van die Klein Karoo.”, wat aansluit by die gerugte dat sommige mense al die spook van die vrou in Uniondale gesien duimry het. 

  1. Republk vellies

Die Voortrekkers het destyds hul eie velskoene gemaak deur ‘n replika van hul voete in hout uittekerf (vir volwassenes). Kinders se vellies is gemaak deur die voetafdruk op nat leer te druk. Hierdie voetafdruk in leer is gebruik as die sool van die skoen en bokante is dan bygevoeg. 

Indien jy nog nie ‘n paar vellies besit nie, moet jy beslis vir jouself ‘n paar aanskaf.  Daar word baie liefde in hierdie skoene gesit, aangesien elke paar vellies handgemaak word. Omdat dit van egte leer gemaak word, kan dit ‘n leeftyd hou en jou beste vriend wees om saam te neem op jou volgende avontuur. Gemak het nog nooit so goed gelyk nie!