
C.J Langenhoven in ‘n neutedop
Share
Bydrae tot Afrikaans
Met sy bekering tot Afrikaans tussen 1907 en 1910 het Langenhoven sy eintlike missie in die lewe gevind, naamlik om te veg vir die regte van Afrikaans en om literatuur te skep wat die aansien van die taal sou verhoog.
In 1910 het hy Op 1 April 1912 word Langenhoven redakteur van die plaaslike koerant, “Het Zuid-Westen”. In 1914 is Langenhoven onbestrede tot lid van die Kaapse Provinsiale Raad verkies. Op 23 April 1914, drie weke ná die aanvang van die sitting, slaag hy daarin om die raad eenparig te laat besluit dat moedertaal-onderwys ook vir die Afrikaanse kind beskikbaar moet wees.
IN 1912 het C.J. Langenhoven hoofredakteur van ‘n Nederlands-Engelse blad, Het Zuid-Westen, geword. Hy het sy blad egter Afrikaans gemaak en hom daardeur beywer vir die erkenning van Afrikaans as opvoedkundige en amptelike taal van die Afrikaner.
Deur sy optrede as voortreflike redenaar en deur sy helder betogende en skerp satiriese prosa het hy ‘n beduidende aandeel gehad aan die vroeë en vinnige opgang wat die Nasionale Party in die jare 1915-1920 kon maak. Op 26 Julie 1915 het die eerste uitgawe van De Burger, soos die koerant genoem is, verskyn. Van die begin af het Langenhoven aan De Burger meegewerk en uiteindelik ‘n lang verbintenis met die koerant opgebou toe hy onder die skuilnaam Sagmoedige Neelsie gereelde rubrieke vir die koerant geskryf het.
Die Stem
Op Maandagaand, 18 Mei 1918, het hy soos sy gewoonte was, by die tafel in die eetkamer gaan sit om te werk. Die aand het die eerste drie strofes van “Die Stem van Suid-Afrika” ontstaan. As enkele gedig het dit Langenhoven se mees geslaagde werk geword. D. J. Opperman het na ‘n fyn analise in 1973 dit ‘n “statige eedaflegging en gebed van die Afrikaanse volk” genoem.
Publikasies
In 1910 het hy ‘n artikel “The problem of the dual language in South Africa” gepubliseer. ook ‘n klein boekie “Padlangers en zonder doekies: ‘n Afrikaansche boodschap van ‘n Afrikaander aan Afrikaanders” uitgegee. Kort daarna verskyn die publikasie “The Royal road to Cape Dutch” asook “Die Trouwbelofte” In 1911 publiseer hy “Eenvoudige stukkies en brokkies”. In 1919 skryf hy ‘n boek met die titel “The everlasting annexation” in Engels oor die politieke situasie in Suid-Afrika.
“Om ons één eie taal tot nut
te gebruik is groter kuns as om sewe vreemdes by te leer.” – C.J Langenhoven
(Bron: www.cjlangenhoven.co.za)