Die Eerste Taalmonument in Suid-Afrika

Die Eerste Taalmonument in Suid-Afrika

Die Eerste Taalmonument is in Burgersdorp opgerig om die erkenning van Nederlands as amptelike taal in die Kaapkolonie te herdenk. Dit is die enigste taalmonument in die wêreld wat opgerig is ter ere van die Nederlandse taal.

Die replika staan voor en die oorspronklike beeld wat herbou is staan agter die replika. Die vrou wys met haar vinger na ‘n boek (blad) en daarop staan “De Overwinning der Hollandsche Taal!” Hierdie monument is op 18 Januarie 1893 te Burgersdorp onthul en is ‘n mylpaal in die taalgeskiedenis van die Afrikaner. Die Tweede Taalmonument of Afrikaanse Taalmonument staan in die Paarl.

Tydens die Anglo-Boereoorlog het die Engelse die oorspronklike beel vernietig en beweer dat hulle die beeld fyngekap en in die see gegooi het. In werklikheid het hulle die beeld verniel, veral deur dit te onthoof, wat moes dui op die onthoofding van die taal van die Afrikaner. Uiteindelik is dit op die vullishoop van King William’s Town gestort, waar dit in 1939 ontdek is. Die oorsrponklike beeld is toe weer opgerig agter die replika (wat die Engelse as ‘n goeie gebaar laat oprig het na die oorlog).