Die verhaal van die kinderheld – Japie Greyling

Die verhaal van die kinderheld – Japie Greyling

Jacobus Johannes Cornelis (Japie) Greyling, is gebore in 1890 op die plaas Smaldeel in die distrik Hoopstad, Oranje Vrystaat. T`ydens die Anglo-Boereoorlog was Japie se pa en twee ouer broers op kommando om teen die Engelse te veg.

Een aand het die kommando op die plaas oornag en die volgende oggend weer vinnig vertrek. Die Engelse was egter kort op hulle hakke en het sodoende by die plaas aangekom en gesien dat daar duidelik ‘n kommando oornag het. Net ou Japie was nog daar en kaptein Sealy het toe besluit om hom te ondervra. Hy het vir Japie gevra: “Hoeveel van hulle was daar?”. Japie het geweier om enige inligting te gee en is toe beveel om teen sy huis se muur te staan terwyl ‘n vuurpeleton voor hom regmaak. Hy het Japie ‘n laaste maal vir die inligting gevra, en beloof om hom te bevry indien hy die inligting gee. Japie het steeds geweier. Sealy het sy soldate beveel om te korrel en reg te maak om te skiet. “Gereed!”, skree die kaptein, en toe stilweg beveel hy sy manne om te stop. Hy het na Japie gegaan, sy hand geskud en weer met sy soldate vertrek.