Dirkie Uys

Dirkie Uys

Dirkie Uys het op 5 Maart 1838 saam met sy pa, Piet Uys en Hendrik Potgieter se manskappe vertrek na Dingaan om die vee wat tydens die Bloukransmoorde geplunder is, terug te kry. Dit het die kommando drie dae geneem om die Zoeloes te bereik, en op hul aankoms het die Zoeloes vir hul ’n lokval gestel. Die Zoeloes het die Voortrekkers van onverwags oorval. Tydens die geveg is Piet Uys deurn assegaai  gewond, maar hy het die assegaai uitgepluk en aanhou veg. Hy het ook een van sy manne in die proses gered en hulle te perd tussen die Zoeloes probeer deurjaag. Piet Uys het egter besef dat hy nie net sy lewe in gevaar stel nie, maar ook die lewens van een van sy manskappe. Hy het vir hul gesê om te vlug en hom agter te laat. Hy het op die grond neergeval en is deur Zoeloes omsingel. Sy seun Dirkie Uys het terug gejaag na sy pa, terwyl die ander mans gevlug het. Die veertienjarige Dirkie het by sy pa gaan kniel en aanhou skiet op die Zoeloes tot hy uiteindelik oorval is en beide Dirkie en sy pa gesterf het.