Wie is Helena Lotrie (Lottering)?

Wie is Helena Lotrie (Lottering)?

Helena is in 1837 gebore en op die ouderdom van vyftien het Helena saam met haar gesin deelgeneem aan die Groot Trek in Piet Grobler se trekgeselskap. Grobler en twee ander Trekkers het vooruit gery om die pad vir die waens te verken, maar is deur vyftig Bamangwato omsingel. n Geveg het uitgebreek en Helena se pa en Piet Grobler is gewond. Helena het sonder vrees na die gewondes gehardloop, haar pa se vuurwapen opgeneem en tussen hulle en die Bamangwato gaan staan. Sy het haar rok oopgesprei oor die gewondes sodat hulle nie raakgesien word nie. Die vyhande het op haar losgebrand waarvan drie koeëls haar rok getref het. Sy het die vuurwapen gelaai en teruggeskiet, nadat die res van die trekgeselskap haar gewaarsku het dat hulle haar gaan doodskiet. Die vyande het oorweldig geraak deur die geweervuur en het die bosse ingevlug. Helena het daarna daarin geslaag om 33 vuurwapens van die vyhande te buit en na die waens te dra.