Jacobus Johannes Cornelis Greyling

Jacobus Johannes Cornelis Greyling

Jacobus Johannes Cornelis, meer bekend as Japie, is in 1890 op n plaas in die Hoopstad distrik gebore. Gedurende die Ango-Boereoorlog(1899-1902) het die 11-jarige Japie saam met sy ma en hul huishulp by die huis agtergebly, terwyl sy pa en twee ouer broers aan die oorlog deelgeneem het. Op n dag het burgers van sy pa se kommando op die Greylings se plaas oornag, maar hul is deur n spioen raakgesien wat die Britte in kennis gestel het. Met die Britte se aankoms op die plaas was die burgers reeds weg maar die Britte het Japie beetgekry en hom ondervra. Japie het egter geweier om enigeiets te verklap. Die Britte het ’n vuurwapen op Japie gerig en gedreig om hom dood te skiet. Japie het geweier om enige inligting aan die vyande te gee. Eindelik het die offisier in bevel die opdrag gegee om hulle vuurwapens te laat sak. Hy het na Japie gestap en sy hand geskud en vir hom gesê hy hoop om hom eendag weer te sien.