Johanna van der Merwe

Johanna van der Merwe

Johanna het op die ouderdom van twaalf die Bloukransmoorde op 17 Februarie 1838, oorleef. Piet Retief se trekgeselskap het by Bloukrans en ander plekke langs die Boesmansrivier uitgekamp terwyl Retief se delegasie na Dingaan se stat gereis het. Na die moord op Retief het Dingaan opdrag gegee dat sy impi’s die Voortrekkers wat in Natal uitgespan was, aan te val. Die Zoeloes het onverwags in die nag die Trekkers oorval en verskeie mense vermoor. Bronne verskil maar na skatting is daar sowat 40 mans, 56 vroue en 185 kinders, asook meer as 200 bediendes wat ook die trek meegemaak het, tydens dié aanval vermoor.  Johanna is die oggend na die aanval onder die liggame van ander kinders gevind. Sy het assegaaiwonde opgedoen maar het uiteindelik herstel en die aanval oorleef.