Paul Kruger

Paul Kruger

Stephanus Johannes Paulus Kruger – meer bekend as Paul Kruger, is gebore op sy oupa se plaas, Bulhoek, in die Cradock distrik in die Kaapkolonie op 10 Oktober 1825. Sy pa, Casper Jan Hendrik Kruger, en sy ma, Elsie Fransina Steyn, het by die Groot Trek aangesluit en ‘n jong Kruger het die tog meegemaak. As trekker het Kruger slegs 3 maande se fomele skoolonderrig ontvang en die bybel was sy leerboek. 

 In 1836 het Kruger ook deelgeneem aan die slag van Vegkop teen die Mzilikatzi. Hy het ook die moordtonele by Moordspruit en Bloukrans aanskou en vertel in sy dagboek van sy ervaring van die gru-tonele.  

Paul Kruger is op die ouderdom van 17 met Maria du Plassis getroud, maar sy is vroeg oolede, waarna Kruger in 1847 met Maria se niggie, Gezina du Plessis, getrou het. Kruger en Gezina het 16 kinders gehad waarvan 31 van die egaar se kinders en kleinkinders aan die Anglo-Boereoorlog deelgeneem het. 

Kruger, asook Piet Joubert en M.W. Pretorius was deel van ‘n sogenaamde Transvaalse Driemanskap. Die doel hiervan was om leiding te neem in die Transvalers se stryd om hul onafhanklikheid terug te kry. Hierdie beweging het egter tot die Eeste Vryheidsoolog gelei wat tussen 1880-1881 gestrek het. 

 In 1883 word Kruger as die eerste president van die Zuid-Afrikaansche Republiek verkies, waarna hy vier keer as president verkies is. Tydens die Anglo-Boere Oorlog het Kruger na Europa gereis om ondersteuning vir die Boere se lot in die buiteland aan te wakker. Hy het geweier om terug te keer na Suid-Afrika na die Britte se oorwining. 

 Paul Kruger is op die ouderdom van 79 in Clarens, Switserland oorlede weens hartversaking. Sy oorskot is teruggebring na Suid-Afrika, waar hy in die Helde Akker Begrafplaas, Pretoria, begrawe is. Talle gebiede is vernoem na Paul Kruger. Mamelodi, ‘n woongebied in die Noord-ooste van Pretoria, is na Paul Kruger vernoem weens sy fluitvernuf en vermoë om die sang van voëls na te maak. Mamelodi beteken “moeder van melodieë”.