Paul Kruger en die renoster

Paul Kruger en die renoster

Paul Kruger was vinnig, braaf en dapper. Dis makliker gesê as gedaan, so hier is drie stories wat dié eienskappe sonder twyfel aan Kruger toeken:

  • Op 16-jarige ouderdom het ‘n goedgesinde stamkamptein ‘n kompetisie gehou vir wie die vinnigste kon hardloop. Paul Kruger het tehore gekom daarvan en wou toe bittergraag aan die wedloop deelneem. Volgens oorlewering was die “magoa” (wit man) so ver voor dat hy eers by sy ouerhuis gaan inloer het vir ‘n koppie koffie!
  • Toe Paul Kruger 20 was het hy sy pynlikste ervaring gehad. Terwyl hy deel was van die Potgieterstrek was vleis maar skaars en het Kruger besluit om iets vir die pot te gaan soek. Hy het hom vasgeloop in ‘n renoster en onmiddelik die veld ingery. Hy het toe vinnig reggekry om sy geweer te laai en uit die saal uit die skoot maak. Die renoster het toe net sy lyf gedraai en is toe net gekwes. Paul weet toe dat die renoster nou eers gevaarlik is ne herlaai toe sy geweer, maar met die volgende skoot ontplof die pangeweer in sy hande. Daar was orals bloed en Paul moes toe ry om voor die renoster se horings weg te bly en het hy toe by die waens teruggekom. Hy is na ‘n plaashuis toe gevat en die doktor reken dat die hand afgesit gaan moet word. Alhoewel Paul ondraaglike pyn moes verduur, wou hy niks daarvan weet nie. Doodluiters het hy sy knipmes uitgehaal en dit begin skerpmaak. Toe het hy sy hand op ‘n plat klip neergesit en sonder enige verdere seremonie sy verminkte duimgedeelte afgesny. Eers na ses maande na erge swelling, boere raad en selfs vrees dat dit sy dood sou veroorsaak, het die hand begin gesond word.
  • Toe Paul Kruger 29 was, het hy verdere roem verwerf toe hy sy lewe in gevaar gestel het om Kommendant-generaal Piet Potgieter se lyk te gaan haal in ‘n grot, onder vyhandelike vuur. Dit was 6 November 1854 naby Potgietersus voor Makapan se grot waar Paul die lyk moes kry omdat hy die volgelinge van Makapan die gewoonte gehad het om die hart van ‘n dapper vyand uit te slag en dit te eet. Kruger was suksesvol daarin en dit na hierdie helde-daad wat hy ook meer in die politiek begin betrokke raak het.