Wolraad Woltemade

Wolraad Woltemade

Wolraad Woltemade is in 1708 gebore en was reeds ’n ou man ten tye van sy heldedaad. Op 31 Mei 1773 het n stomwind 'n skip wat in Tafelbaai geankerd was beskadig en laat strand. Wolraad se seun, Ludwig was verantwoordelik om die wrakstuk van die skip op te pas om te verseker dat bystanders nie op die inhoud van die skip toesak nie. Teen vroegoggend van 1 Junie het Wolraad kos vir sy  vir Ludwig gebring. Wolraad het besef dat daar geen poging was om die matrose aan boord te help nie en het ’n plan beraam om van die drenkelinge te red.  Hy het te perd die see ingevaar en twee-twee mense begin terugbring strand toe. Wolraad het sewe keer in en uit die see met sy perd geswem en die mense tot by die strand geneem. Tydens sy agtste probeerslag het die matrose op hom toegesak en beide Wolraad en sy perd in die water afgetrek. Wolraad en sy perd se liggame is dae later gekry. Hy het veertien mense se lewe gered maar op die ou einde met sy eie lewe betaal.